Biden betreur Walmart-skietery

Die Amerikaanse President Joe Biden het die jongste skietvoorval in die land as nog ‘n grusame en sinnelose daad van geweld beskryf. ‘n Werknemer by ‘n Walmart-supermark in die staat Virginië het ses mense doodgeskiet en vier ander gewond voordat hy homself doodgeskiet het. Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie. Biden sê hy het die belangrikste wapenhervormings in ‘n leeftyd onderteken, maar dis nie naasteby genoeg nie.