Beyoncé, Jay-Z hour rekord vir 88 Grammy-benoemings elk

Beyoncé en haar man, Jay-Z, is nou die twee kunstenaars wat die meeste benoem is in die geskiedenis van die Grammys. Hulle is albei 88 keer benoem wat meer kere is as Paul McCartney en Quincy Jones. Sy het vir volgende jaar se 65ste Grammy-toekennings nege benoemings ontvang, hoofsaaklik vir haar Renaissance-album. Die kletsrymer Kendrick Lamar het vanjaar die tweede meeste benoemings ontvang en spog met agt vir sy vierde album, Mr Morale and the Big Steppers. Adele en die country-ster Brandi Carli is derde met sewe benoemings elk. Die Grammys word op die vyfde Februarie toegeken.