Beweerde sluipmoord op vermeende renosterstroper in SA

SANParke sê hulle is geskok oor die beweerde sluipmoord op ‘n vermeende renosterstroper, die sogenaamde Mr Big of Petros Mabuza, deur drie verdagtes in Hazyview, Mpumalanga. Hy sou binnekort verhoor word op talle aanklagte van renosterstropery. Die bewaringsorganisasie het verder die toegewyde vervolging en vonnisoplegging van ‘n renosterstroper deur die Skukuza-streekhof in die Kruger-wildtuin verwelkom. Woordvoerder Isaac Phaahla sê die stroper was ‘n onwettige immigrant.