Bewaringsbevel teen oud-Eskomhoof

Die Batebeslagleggingseenheid het ‘n bewaringsbevel bekom vir die luukse eiendom en voertuie wat aan ‘n voormalige bestuurder van Eskom, Duduzile Moyo, en haar man, Mmoloki, behoort. Dit volg op die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoeke na haar optrede as Eskom se bestuurder van voorsiening en kontrakte wat ‘n onderneming genaamd Tamukelo gekontrakteer het. Volgens die woordvoerder van die ondersoekeenheid, Kaizer Kganyago, sluit die bevel, die tweede bewaringsbevel teen Moyo, ook ‘n trust en twee van haar ondernemings in: