Beurtkrag: Julle het ‘n reg om vies te wees, sê Cyril

President Cyril Ramaphosa sê na meer as ‘n dekade van elektrisiteitstekorte, het Suid-Afrikaners die reg om gefrustreerd en kwaad te wees. Eskom het die afgelope paar weke beurtkrag ingestel weens onderbrekings by eenhede en ‘n onbeskermde staking van werkers. In sy weeklikse nuusbrief sê Ramaphosa een van die eerste stappe wat hy in 2018 gedoen het, was om die program van die verkryging van hernubare energie, te laat opleef. Ramaphosa sê hoewel die maatreëls wat die regering reeds geneem het, betroubare en bekostigbare elektrisiteit in die toekoms sal verseker, word daar ook ondersoek ingestel na hoe hierdie doelwit gouer bereik kan word.