Beurtkrag in SA kan tot Saterdag duur

Suid-Afrikaanse kragopwekker Eskom sê hy probeer tans om vier kragopwekkingseenhede voor die naweek terug in diens te hê om beurtkrag te verlig, maar sê hy kan dit nie waarborg nie. Na fase 2 beurtkrag gister op kort kennisgewing ingestel is, het hy vroeër vandag aangekondig dat die kragonderbrekings nou tot Saterdagoggend om vyf-uur in werking sal bly. Op fase 2 beurtkrag word Suid-Afrikaners se krag tot twee keer ‘n dag vir twee ure op ‘n slag afgeskakel. Fritz Platt, ons korrespondent in Kaapstad …