Beurtkrag het hengse ekonomiese uitwerking op Tshwane-ekonomie

Die Stad Tshwane is diep bekommerd oor die onstuimige beurtkragskedule wat Eskom oor die afgelope week toegepas het. Die metro se Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning sê die voortslepende fase ses-beurtkrag het ‘n vernietigende uitwerking op die hoofstad se ekonomie, veral sy sektor vir klein-, medium- en mikro-ondernemings. Die woordvoerder, Sipho Stuurman, sê die plaaslike landbou-sektor verloor meer as 314 000 Suid-Afrikaanse rand per uur: