Beurtkrag dreig al weer in SA 

Net twee dae nadat beurtkrag opgehef is, dreig dit al weer. Eskom het self nog geen waarskuwing uitgereik nie, behalwe vir een twiet Maandagaand oor die groot druk op die kragnetwerk, maar syfers oor Eskom se opwekkingsvermoë wys dat die nutsmaatskappy al weer sukkel om genoeg krag op te wek. In die laaste week het Eskom weer begin sukkel. Die gemiddelde kragopwekkingsvermoë het begin daal van die vorige week. Verder is daar ook rede tot kommer, omdat die vraag na krag Woensdag beduidend gaan styg ná die “langnaweek” wat baie mense geneem het.