Betogings regoor Indië teen geweld teen vroue

Duisende mense het die strate van Kolkata ingevaar om die verkragting en moord van ‘n dokter te veroordeel en eis geregtigheid vir die slagoffer en ‘n einde aan die aanhoudende geweld teen vroue in die Indiese samelewing. Die ontdekking van die 31-jarige se liggaam verlede week by ‘n staatshopistaal het landwye betogings ontketen. Die eerste minister, Narendra Modi, het die spoedige straf van diegene geëis wat gruweldade teen vroue pleeg. Groot skares het deur die strate van Kolkata gestroom met ‘n middernagtelike kersligsaamtrek om saam te val met Indië se onafhanklikheidsvieringe vandag.