Betogers teen aborsise in Washington DC gearresteer

Die polisie by die Amerikaanse Capitol in Washington DC, het 35 mense in hegtenis geneem, insluitende 17 Demokrate in die Kongres, tydens protesaksie oor die hooggeregshof se besluit om die landwye reg tot aborsie te beëindig. Alexandria Ocasio-Cortez, Rashida Tlaib en Ilhan Omar was onder die aangehoudenes. Volgens internasionale media het die groep in die middel van die straat gaan sit as ʼn daad van vreedsame burgerlike ongehoorsaamheid maar is in hegtenis geneem omdat hulle die pad versper het. President Joe Biden het die hooggeregshof se beslissing as ʼn oefening in brute politieke mag beskryf.