Betaal so by Bipa

Die Besigheid en Intellektuele Eiendomsowerheid het stelsels meer vaartbelyn gemaak vir geregistreerde entiteite om hulle jaarverslae in te dien en hulle fooie soos deur die wet bepaal, te betaal. Die owerheid reik nou fakture uit om die makliker te maak vir besighede om ‘n sogenaamde goeie status-sertifikaat te bekom. Ockert Jansen, die uitvoerende hoof van korporatiewe kommunikasie by die owerhede het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Sou jou besigheid agter wees met die nodige betalings moet jy spoedig kontak maak omdat rente gehef word op uitstaande betalings. Jansen verduidelik.