Bespiegeling Covid se oorsprong moet end kry

Die jongste bevinding deur die Amerikaanse energiedepartement dat Covid uit ‘n laboratorium in Wuhan, China, uitgelek het, het wyd reaksie uitgelok. Daar is sommige kenners wat meen die virus kon nie van ‘n dier oor na mense gespring het nie eenvoudig omdat hy so suksesvol in mense was. Die Amerikaanse kenner in aansteeklike siektes dr. Anthony Fauci maan teen gevolgtrekkings en sê daar moet genoegsame bewyse wees vir enige van die twee teorieë.