Besparingskenner verwelkom Enoch se begroting

Die Suid-Afrikaanse rand, effekte en die Johannesburgse aandelebeurs het verstewig, terwyl ontleders die regering se onderneming verwelkom het om besteding te verminder. Die segmentoplossingsbestuurder by Sanlam Savings, Farzana Botha, sê die minister van finansies, Enoch Godongwana, het in die mini-begroting ‘n bestedingsplan vir die staat bekend gemaak wat dit in lyn sal hou met die plan vir fiskale konsolidering.