Besorgde Drankhandelaarsvereniging sorg vir verantwoordelike gebruik van alkohol

Die Besorgde Drankhandelaarsvereniging van Tshwane het bykomende stappe gedoen om die verantwoordelike verbruik van alkohol te bevorder. Die maatreëls het ten doel om te verseker die regering vind nie ‘n rede om oor die feestyd ‘n alkoholverbod in te stel nie. Die president van die vereniging, Oupa Mthombeni, sê verskeie drankwinkels het ook met ‘n veldtog begin om eienaars van kroeë en tavernes in townships soos Mamelodi te oortuig om hulself en hul personeel te laat inent.