Besoekers stroom na Namibiese pawiljoen by 2020 Dubai Expo

Die Namibiese pawiljoen by die 2020 Dubai Expo ervaar tans ‘n enorme vloei van besoekers, sê Namibiese toerismekenner Nrupesh Soni uit Dubai. Hy sê omdat dit vandag en môre naweek in Dubai is, word ‘n groot aantal besoekers verwag. Boonop het die Dubaise regering aan alle staatsamptenare ses dae betaalde verlof gegee om hulle kans te gee om die ekspo te besoek.