Beslagleggings verdubbel van 2020 tot 2021

Meer as 157 miljoen Namibiese dollar se bates is tussen Julie 2020 en Junie 2021 deur kommersiële banke gekonfiskeer vir uitstaande skuld. Dit is amper dubbel die 85 miljoen dollar wat in Junie 2020 gerapporteer is. Die Bank van Namibië het die syfers bekend gemaak en sê die syfer is die impak van Covid-19 op die ekonomie. Robert McGregor van Cirrus het so op die nuus gereageer.