Besighede huiwerig om te leen, huishoudings nie
Cirrus in die hoofstad sê privaat kredietverlening het weer gedaal na 2,2 persent in Augustus, die laagste syfer sedert April verlede jaar. Korporatiewe skuld het vir die vyfde agtereenvolgende maand gekrimp met huishoudings wat 5,4 persent meer skuld geneem het. Privaatsektorskuld staan tans op 111,6 miljard Namibiese dollar. Cirrus ekonoom Robert McGregor, verduidelik wat die syfers werklik beteken en dit handel blykbaar oor die hoë rentekoers.