Berugte Britse gevangene wil parool hê na 45 jaar agter tralies

‘n Gevangene in Brittanje wat jare reeds agter tralies sit, sê dit is nou veilig om hom vry te laat ná 45-jaar. Die 70-jarige Charles Bronson, tans bekend as Charles Salvador, is in 1968 gevonnis tot tronkstraf vir sy eerste oortreding en het sedertdien mense as gyselaars aangehou in nege verskillende gevalle. Sy slagoffers het goewerneurs, dokters en selfs sy eie regsverteenwoordiger ingesluit. Salvador het tydens sy openbare parool-verhoor gesê alhoewel hy die meeste van sy vonnisse verdien het, het hy in die tronk meer pap geëet as Gouelokkies en die drie bere en hy is nou siek en sat daarvoor.