Beroep vir hulp met Nauyoma, Amushelelo se regskostes

Die voormalige woordvoerder van die Affirmative Repositioning-beweging, Simon Amunime, pleit vir hulp met die regskoste van Micheal Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma nadat die twee meer as 90 dae in aanhouding is. Die twee gaan op 22 Augustus in die Windhoekse hoërhof appelleer teen die weiering van hul borgtog. Amunime sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die pleidooi in reaksie is op die toenemende regskoste en hy vra Namibiërs om die twee jeugleiers by te staan.

 Amushelelo se talle bates is deur die staat gevries na hy en sy vennoot Gregory Cloete van geldwassery en ander verwante klagte aangekla is. Op ‘n stadium was hy tussen 1 en 5 miljoen Amerikaanse dollar werd. Hy was ‘n handelaar in buitelandse valuta.