Beroep dat alkoholverkope by SA vusltasies gestaak word

Die Suider-Afrikaanse Alkoholbeleids-alliansie Suid-Afrika vra dat die verkoop van alkohol by vulstasie-winkels onmiddellik gestaak moet word. Dit is spesifiek gemik op BP, die eerste brandstofhandelaar wat in Suid-Afrika ‘n dranklisensie bekom het. BP verkoop wyn by ‘n vulstasie-winkel in Radiokop, Johannesburg. Die alliansie se direkteur, Maurice Smithers, is van mening daar bestaan ‘n werklike risiko dit kan lei tot ‘n toename in dronkbestuur.