Beperkte dienste die week by Vleisraad beskikbaar

Die Namibiese Vleisraad het te kenne gegee dat sy kantore gesluit is tot volgende week Maandag, 21 Junie. In ‘n verklaring se die raad daar is Covid-gevalle, sowel as kontakte en simptome aangemeld. Willie Schutz, die Vleisraad se operasionele bestuurder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Die raad se klassifikasie dienste by abattoirs word nie beïnvloed nie en so ook nie personeel by die land se grense nie. Permitte kan ook nog uitgereik word. Sou oorplaatjies reeds voor vandag bestel was, sal dit Vrydag beskikbaar wees. Geen ander dienste is vandeesweek beskikbaar nie.