Beperkte Covid-entstowwe in Wes-kaap

Daar is tans ‘n beperking met die voorsiening van entstowwe in die Wes-Kaap, wat toegeskryf kan word aan meer beskikbare persele. Die hoof van die provinsiale departement van gesondheid, Keith Cloete, het tydens ‘n nuuskonferensie gesê nog entstof is op pad en inwoners moet geduldig wees indien daar ‘n tekort is by sekere persele. Hy bevestig die teiken van 150 000 per week word steeds gehandhaaf.