Benson sal vandag aansoek doen om borg

Jeronette Benson, die vrou van die raadslid vir die Walvisbaai stedelike kiesafdeling, Deriou Benson, sal volgens berigte vandag in die landdroshof op die kusdorp ‘n borgaansoek bring. Benson word daarvan aangekla dat sy oor die naweek die 62-jarige Charlie du Toit in Moses Garoëbstraat doodgery het en die toneel verlaat het. Volgens berigte is haar motor gevind waar dit vassit in die sand nadat sy na bewering ‘n kortpad tot by Narraville wou neem. Sy is eers Sondag in hegtenis geneem. Volgens haar man, is sy vrou erg getraumatiseer deur die geval en is reeds Saterdag gehospitaliseer vir behandeling. Sy het volgens berigte ook nie ‘n geldige rybewys nie. Du Toit is volgens berigte werkloos en Deriou het aan plaaslike media gesê hulle probeer ook om sy familie op te spoor en dat hulle sal help met begrafnisreëlings.