Benjamin waarsku Brave Warriors oor fiksheid
Die afrigter van die senior nasionale sokkerspan, Collin Benjamin, het ‘n beroep op spelers gedoen om fiks aan te meld vir die oefenkamp wat volgende week Dinsdag begin. Die span speel op 9 September ‘n vriendskaplike wedstryd teen Bafana Bafana in Suid-Afrika en die 43 spelers vir die oefenkamp is bekend met groot name soos Peter Shalulile en Ryan Nyambe wat ingesluit is. Benjamin sê spelers moet aanmeld in die vorm waarin hulle ‘n maand gelede was. Hy sê enige speler wat nie fiks genoeg is nie, onmiddellik vrygestel sal word.