België gee tand van vermoorde Kongolese leier terug 

België het die laaste oorskot van die vermoorde Kongolese leier Patrice Lumumba, ‘n tand, aan sy familie oorhandig en ‘n aaklige hoofstuk in sy koloniale geskiedenis afgesluit. Die hoof-aanklaer, Frederic van Leeuw, het ‘n klein, helderblou houertjie met die tand daarin vandag op ‘n plegtigheid wat op televisie uitgesaai is aan die familie gegee. Die tand sal in ‘n kis gesit word en op ‘n vlug vervoer word na wat vandag die Demokratiese Republiek van die Kongo is. Die land huldig Lumumba as ‘n teen-koloniale held. Hy is in 1961 deur separatiste en Belgiese huursoldate vermoor.