Beleggingsraad gesels oor olie- en gaskonferensie

Namibië gaan van 20 tot 22 Augustus die Olie- en Gaskonferensie in Windhoek aanbied. Die Namibië Beleggingsontwikkelings- en Bevorderingsraad is ‘n sleutelvennoot van die konferensie, waar rolspelers menings sal uitruil oor die potensiaal, geleenthede en risiko’s van die vestiging van ‘n olie- en gasbedryf in die land. Titus Shivute, die raad se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die rol wat die raad speel in ekonomiese kwessies.