Belê so in landbou

Die president van die Afrika-ontwikkelingsbank, Akinwumi Adesina, het ‘n beroep gedoen vir ernstige beleggings en ondersteunings-beleidsmeganismes in die vasteland se landbousektor. Adesina voer aan dat landbou binnekort meer miljoenêrs en miljardêrs as enige ander sektor gaan oplewer. Dit word beraam dat teen 2050 slegs sowat die helfte van die wêreld se bevolking deur die huidige vlak van voedselproduksie gevoed sal kan word. Adesina sê dit kan omgekeer word en Afrika is ‘n uitstekende beginpunt want die vasteland se inkomste styg steeds en hy het ‘n snelgroeiende bevolking. Wallie Roux, ‘n landbou-kenner, gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.