Belangrikheid van spaargeld vir besighede, beklemtoon

Die VN se ontwikkelingsprogram in Namibië het die uitslae van sy navorsing op die impak van Covid op verskeie sektore in die land bekend gemaak. Een van die sektore wat aandag ontvang het is toerisme. Die program sê aanvraag het met 97 persent gedaal in inkomste met 93 persent. Ongeveer 46 persent van maatskappye in die sektor het oorleef as gevolg van spaargeld en ander bates. Die program sê dit beklemtoon weer die belangrikheid van spaargeld. Die program het ook na die informele sektor gekyk en sê 51 persent van alle Namibiërs wat werksaam is, in die sektor bedrywig is. Net meer as 40 persent het ‘n skerp daling in inkomste beleef.