Belanghebbendes vergader môre in Windhoek oor watertariewe

In ‘n land van waterskaarste soos Namibië, is dit van kritieke belang dat die tariewe van waterdienste omsigtig, billik en deursigtig moet wees. Water is en bly ’n noodsaaklike kommoditeit vir alle mense en vereis voldoende en tydige beleggings om te verseker dat waterdienste-infrastruktuur gevestig en onderhou word om in nasionale behoeftes te voorsien. ‘n Konsep-waterdienste-tariefbeleid is beskikbaar gestel vir aanvanklike skriftelike openbare konsultasies wat openbare insette versoek het. Die volgende stap in die konsultasieproses is ‘n nasionale werkswinkel, wat môre in Windhoek gehou word, waar die konsepbeleid verder met belanghebbendes bespreek sal word. Jona Musheko, woordvoerder van die landbouministerie gesels met Kosmos 94.1 Nuus.