Bek- en klouseer – ons wag nog op entstof sê landbou

Die Namibiese landbouministerie het groot uitdagings met die variant van bek- en klouseer wat tans in die Zambezi-streek voorkom. Die tipe, serotipe-nul, kan nie met die tradisionele entstof behandel word nie en volgens die direkteur van veeartsenydienste in die ministerie, dr. Albertina Shilongo, moet die entstof spesiaal vervaardig word en Namibiese owerhede wag nog.