Bek-en-klouseer in SA vertraag veebemarking

Meer vee is gedurende die eerste nege maande van die jaar bemark, vergeleke met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar, volgens die Namibiese Landbou-unie se landbouverslag van die derde kwartaal. Dit is 4,3 persent meer beeste; skape het sterk gereageer met ‘n groei van 45,6 persent; bok-bemarking het met meer as 24,8 persent gegroei; terwyl 3,2 persent meer varke geslag is. Die uitbreking van bek-en-klouseer gedurende die derde kwartaal het die bemarking van lewende diere vertraag weens die sluiting van die Suid-Afrikaanse grens vir ‘n tydperk van 21 dae vanaf 18 Augustus, terwyl plaaslike beskikbaarheid van varkvleisprodukte gedurende die kwartaal gekrimp het, weens die verbod op invoer van varkvleisprodukte uit Suid-Afrika.