Bek-en-klou-seer breek weer in Zambezi uit

Bek-en-klouseer is weer in die Zambezi-streek waargeneem, het die Namibiese landbouministerie bevestig. Volgens ‘n mediaverklaring is 1 300 beeste in 18 krale besmet. Die besmetting het nou vanaf Kabbe-suid na Kabbe-noord, Katima-landelik en Kongola sedert die uitbreking in Junie versprei. Boere in die Zambezi word gemaan om nie hul diere onwettig oor die grens te neem nie.