Bejaardes moet geen diskriminasie verduur nie

Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, sê ouer persone mag dalk ouderdomsdiskriminasie ondervind tydens besluite oor mediese sorg, die toeken van behandeling aan pasiënte en lewensreddende behandelings. Vandag word internasional dag vir bejaardes herdenk. Alhoewel alle ouderdomsgroepe Covid-19 kan opdoen, is ouer persone se kanse om te sterf en ernstige siektes as gevolg van infeksie op te doen, aansienlik hoër. Mense ouer as 80 sterf teen vyf keer die gemiddelde koers.