Bejaardes in Khomasdal bederf

Kersfees is ‘n eensame tyd vir talle senior burgers, maar die Capricorn-groep het gesorg dat 400 bejaardes by die Namibia Christian Women Aid Society, ‘n vrolike feesseisoen sal hê. Die niewinsgewende organisasie in Khomasdal het na bejaardes in weerlose gemeenskappe uitgereik. Hulle het ‘n fees vir bejaardes aangebied en hulle bederf met eetgoed, drinkgoed en geskenke en hul hare en naels is gedoen. Grace Luvindao van die Capricorn-groep vertel aan Kosmos 94.1 Nuus hoe hulle die goue oues bederf het.