Bejaarde vrou op Gobabis vermoor

Die koördineerder van misdaadondersoeke in die Omaheke-streek, adjunk-kommissaris Chris Kalimbula, het die moord op ‘n pensioenaris van Gobabis, die 64-jarige Daleen van Zyl, bevestig. Twee verdagtes het laasnag by ‘n huis in Klaradynstraat ingebreek en na die slaapkamer gegaan waar sy geslaap het. Sy het gesterf ná sy met ‘n onbekende voorwerp oor die kop geslaan is. Kalimbula praat met Kosmos 94.1 Nuus.