Behuisingsprojek wil bekostigbare huur bevorder

Housing! for Future is ‘n inisiatief wat huise met bekostigbare huur bou, wat mense in Namibië die kans gee vir ‘n beter lewensbestaan. Gebaseer op die idee en beginsels van die Duitse maatskaplike-behuisingsbedryf, bou Housing! for Future huise vir ‘n billike huurmark. Dit beteken bekostigbare huur wat nie ongeveer ‘n derde van Namibiërs se inkomste oorskry nie en dus aansienlik laer is as die vergelykbare huurmark. Die eerste 25 huise is voltooi en die amptelike opening vind op Donderdagoggend om elf-uur  in by erf 5226 Meine Heimat in Otjomuise in die hoofstad plaas.