Behoeftiges op Okahandja word bygestaan

Die Tulipamwe-liefdadigheidsorganisasie in Okahandja gaan ‘n fondsinsameling aanbied vir die kwesbare mense van die dorp. Die fondsinsamelingsgeleentheid sal vanaf die 3 tot 4 September in Vyfrand-kamp plaasvind. Mense wat die geleentheid wil bywoon, word aangemoedig om sanitêre doekies, doeke of toiletware saam te bring. Sportspanne is welkom om vir die verskillende sportkodes te registreer teen ‘n koste van 250 Namibiese dollar. Registrasie is oop tot 30 Augustus en al die fondse sal vir liefdadigheid gaan. Hilaria Erastus, een van die organiseerders, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.