Beethoven: geboortedag onbekend, maar hy is vandag in 1770 gedoop

Vandag 251 jaar gelede is Ludwig van Beethoven gedoop. Sy geboortedatum is nie bekend nie maar hy is in Desember in Bonn, Duitsland gebore. Beethoven word erken as een van die wêreld se voorste komponiste. Teen die ouderdom van 28 het by begin doof word en by die tyd wat hy 44 jaar oud was, was hy heeltemal doof. Hy het steeds gekomponeer. Die oorsaak van sy gehoorverlies is nie bekend nie. Ons luister na ‘n stukkie uit sy 7de Simfonie, wat hy op die ouderdom van 42, toe hy amper heel doof was, voltooi het.