Beeste geteel wat minder winde opbreek
Wanneer die Kanadese melkboer Ben Loewith se kalwers in die volgende lente gebore word, sal hulle van die eerstes ter wêreld wees wat geteel word met ‘n spesifieke omgewingsdoelwit: om minder metaangas in winde op te breek. Die boer van Lynden in Ontario het in Junie begin om 107 koeie en verse kunsmatig te insemineer met die eerste bul-semen met ’n lae-metaan genetiese eienskap. Winde opbreek is glo die grootste bron van metaanvrystelling van beeste. Semex, die genetika-maatskappy wat aan Loewith die semen verkoop het, sê dit kan metaan-vrystellings van Kanada se melkkudde met 1,5 persent jaarliks verminder, en tussen 20 en 30 persent teen 2050. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gesels vir kommentaar…