Beesmark krimp met 40 persent

AgriBank het sy kommer oor die plaaslike beesmark uitgespreek. Volgens die jongste berigte het die mark met meer as 40 persent in die eerste kwartaal van die jaar gekrimp. Op ‘n jaargrondslag het slagsyfers met 22 persent gedaal en op-die-hoef-uitvoere het met 48 persent in die eerste kwartaal ingekrimp. Kleinvee het beter vertoon en in Maart is 31 persent meer skaap bemark met uitvoere wat met 8 persent gegroei het. Daar is tydens Maart ook 33 persent meer bokke uitgevoer.