Bedrogspul met Covid-inentingskaarte

Die Namibiese gesondheidsministerie het ‘n bedrogspul aangekondig met oningeënte mense wat glo Covid-inentingskaarte probeer vervals of dit op ‘n bedrieglike wyse probeer bekom. Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Nangombe, lyk die vervalste inentingskaarte soos die ware Jakob. Die woordvoerder van die ministerie, Walters Kamaya, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is ‘n oortreding van die wet en strafbaar.