Bedrieglike mediese eise wek kommer in SA

Die Spesiale Ondersoekeenheid in Suid-Afrika is bekommerd oor die skerp styging in vals mediese regseise, veral dié wat verband hou met mediese nalatigheid. Die ouditeur-generaal sê die eise het oor ‘n tydperk van vyf jaar met 10 persent toegeneem tot 77 miljard Suid-Afrikaanse rand. Die eenheid het afgekom op 158 sake ter waarde van 2,9 miljoen rand wat deur een regsfirma hanteer is, terwyl daar nie hospitaalrekords vir enige van die eisers gevind kon word nie. Woordvoerder Kaizer Kganyago sê die toename is ‘n groot uitdaging vir die gesondheidsorg-stelsel: