Bedreigde Spesies vandag herdenk

Vandag is Internasionale Dag vir Bedreigde Spesies. ‘n Bedreigde spesie is ‘n spesie wat moontlik in die nabye toekoms kan uitsterf. Hul lewens word ook bedreig weens habitatverlies, stropery en indringerspesies. Ietermagôs is die mees gesmokkelde soogdier ter wêreld en word as kritiek-bedreig gelys. ‘n Ietermagô-navorser in Namibië, Kelsey Prediger, vertel meer.