Beatrice Masilingi bevestig sy is tydens 200 meter-wedloop beseer

Die Namibiese naelloper Beatrice Masilingi het aan internasionale media bevestig dat sy wel ‘n besering tydens die 200 meter semi-finaal in Eugene in Oregon, Amerika, opgedoen het. Sy sê haar dyspier het haar tydens die wedloop gepla, en sy het haar pas verslap, want sy was bang om dit verder te beskadig. Sy het laaste geëindig in ‘n tyd van 24.78 sekondes. Masilingi het ‘n  dyspier-besering opgedoen tydens die 100 meter in Gaborone in Botswana op 30 April, wat haar vir ‘n geruime tyd uit die wedlope gehou het. Sy wag vir advies van haar mediese span.