Beatrice is deur na die semi-finaal in Oregon

Beatrice Masilingi is deur na die semi-finaal van die vroue 200-m in Eugene, Oregon. Sy het die uitdun-wedloop gewen in ‘n tyd van 22,27 met die Olimpiese kampioen, Elaine Thompson-Herah, tweede met 22,41. In die derde uitdun-wedloop het Shelly-Ann Fraser-Pryce 22,26 behaal maar, Masilingi sal haar oë op die Nigeriese Aminatou Seyni moet hou. Sy het ‘n tyd van 21,98 behaal. Masilingi hardloop weer môreoggend net na drie-uur in die eerste semi-finaal om vir die finaal te kwalifiseer.