BBP syfers is bedrieglik

Die Suid-Afrikaanse Vakbondfederasie, Saftu, het die jongste bruto binnelandse produk-syfers as vals nuus bestempel. Statistieke Suid-Afrika het bekend gemaak dat die herstel in die BBP-groeikoers, op ‘n jaargrondslag, in die eerte kwartaal 4,6 persent was. Trevor Shaku van Saftu sê dié syfer fokus op ‘n bedrieglike veranderlike, die BBP, wat ‘n maatstaf is vir goedere en dienste wat geproduseer word. Maar dit ignoreer egter die waardevermindering in die land se toerusting, vroue wat nie vir werk betaal word nie, besoedelingskade, en veral die uitputting van natuurlike hulpbronne: