BBP-manne sê hoofweg-skoppery was nodig
Agt lede van die BBP-beskermingseenheid van die buurland se adjunkpresident Paul Mashatile het in die hof verskyn. Een van hulle, wat slegs as beskuldigde nommer een geïdentifiseer is, het aan die landdroshof in Randburg gesê die voorval op die N1-hoofweg in Johannesburg was nie aanranding nie maar slegs ʼn manier om die situasie op daardie stadium te ontlont. Dis steeds onduidelik of Mashatile in dieselfde voertuig as die verdagtes was. Die beskuldigde het die optrede geregverdig en gesê die videomateriaal toon nie die begin van die onderonsie nie: