Basiese inkomste-toelaag sal nie op drank bestee word nie
Die Basic Income Grant Coalition het al male sonder tal gesê dat ‘n basiese inkomstetoelaag ingestel moet word om armoede en wanvoeding uit te roei. Die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate, het in sy streeksrede gesê 2 000 gevalle van wanvoeding is vanjaar in die streek aangemeld. Daar is egter kommer dat as ‘n basiese inkomstetoelaag aan verarmde gemeenskappe gegee word, die geld op alles behalwe kos bestee sal word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ben Schernick, die direkteur van die Voedings- en Voedselsekerheid Alliansie van Namibië, wat sê studies toon dat dit nie die geval is nie.