Barret sê die All Blacks is ‘hoogs gemotiveerd’ vir Saterdag

Beauden Barrett van Nieu-Seeland sê daar is geen gebrek aan motivering in die span terwyl hulle voorberei vir Saterdag se tweede Rugbykampioenskap-kragmeting teen Suid-Afrika op Ellispark nie. Ná nederlae teen Ierland en Frankryk op hulle Europese toer, het die All Blacks verlede maand twee van hulle drie tuiswedstryde teen die Iere verloor en verlede naweek het die Springbokke hulle met 26-10 in die Mbombela-stadion afgeransel. Barrett sê hulle gaan hulle sokkies moet optrek: