Barbados vra wêreldleiers om ‘harder te probeer’

Ontwikkelende lande, en eilandgemeenskappe gaan gebuk onder die impak van klimaatsverandering en ervaar erge vloede, storms en droogtes. Maar, die lande het geen werklike sê oor die aarde se toekoms by die COP26-beraad nie. Mia Mottley, die eerste minister van Barbados, wat ook vanjaar deurgeloop het onder verskeie storms, het die wêreldleiers so in Glasgow toegespreek…